bismillah



My ongelooflike ontdekking van Islam

Toe ek onlangs gevra is, hoe ek in die kraal van Islam gekom het was ek verstom en ‘n bietjie verras. Ek het nooit gedink dat daar ‘n sekere keerpunt was wat my na Islam toe gebring het nie. Wanneer het ek eers begin twyfel oor Katolisisme? Wanneer wou ek eers ‘n Moslem word? Die antwoorde na die en baie ander vrae het baie meer oorweging nodig as wat ek verbeel het. Om na al die vrae te antwoord sal ek maar aanvanklik van die begin af moet vertel. sodat jy kan verstaan by watter punt in my lewe het ek die besluit geneem om die waarheid van Islam te aanvaar. In die jaar wat ek sewe en sestig jaar oud geword het het ek ‘n Moslem geword en ek dank die Here dat hy my geseën het om ‘n gelowige van Islam te word. “Diegene wat Allah (in sy plan) wens om te lei,‐ Hy maak sy bors oop om Islam te ontvang; diegene wat hy wil los om verlore te stry,‐ hy maak hulle bors toe en toegedruk, asof hulle na die hemel toe hoef te klim: dus maak Allah (klomp) die straf aan diegene wat weier om te glo.” (Koran 6:125)

Ek is streng Rooms‐Katoliek grootgemaak, die middel dogter van drie kinders. My pa het elke dag hard en lank gewerk. Hy het altyd vroeg in die oggend vertrek en laat in die aand van sy werk af teruggekom. Hy wou sorg dat ons moeder by die huis kon bly om my sisters en my te sorg. Op ‘n dag vol hartseer het ons geleer dat ons pa in ‘n ongeluk dood is. Hy is skulik dood en ons hele lewe het onderstebo gedraai. Ons lewens het verander en ons ma moes weer begin werk. Ons ma, ‘n verpleegster, moes nou die broodwinner van ons familie word. Sy het werk in die plaaslike hospitaal gekry en het baie keer dubbel skoffe gewerk. Met die verantwoordelikheid nou op haar skouers kon sy nou nie toesig hou op ons opvoeding nie. Sy het ons na ‘n Katolieke skool gestuur, maar sy was te besig met haar werk om ‘n wakende oog op ons te hou nie.

Ek het baie tyd gehad om alleen te wees, met niemand om my te beheer, so het ek baie tyd met my vriende gespandeer by ons plaaslike kafees. By die plekke het ek ‘n Moslem man ontmoet wat baie aangenaam was. Hy sou later my man word. My ma het nie geweet dat ek tyd saam met die man spandeer. Toe ek vir haar later gesê het dat ek met hom wil trou, het sy my gewaarsku dat ons van verskullende agtergronde is en dat dit na probleme toe sou lei. Sy het ook vir my gesê dat ons later kinders sou hê, en dan sou daar weer probleme wees met watter gelof ons kinders moet volg. Ek was twintig jaar oud en kon nie eers begin om te dink dat ons probleme in ons huwelik sou hê nie. My man was nog nie baie godsdienstig nie en ek het geglo dat ek hom in die toekoms kon omskep om Katoliek te word. Ek was nie bekommerd dat ons nie van dieselde etnologies agtergrond was nie, ek het geglo dat ek onbervooroordeeld was en dat ek die nuwe kultuur baie maklik sou kon omhels.

Die volgende jaare het ons lewens baie mooi gerol, Ons was gelukkig en daar was geen probleme met ons verskil in kultuur en geloof nie. Die Here het ons geseën met ‘n mooi seun en ‘n paar jare later met ‘n pragtige dogter. Ons lewe het aangegaan, ek het my kinders saam met my kerk toe gevat. My man het nooit vir my verbid om die weeklikse Sondag kerkdiens te bywoon nie. Maar, nadat ek die kinders ‘n paar tyd kerk toe gevat het, het hy begin om met my te spraak dat hy wou nie hê dat ek hulle weer kerk toe moet vat nie. Om die waarheid te sê,het ek baie kwaad en ontsteld gevoel. “Maar hoekom?” wou ek weet. “Enige geloof is beter as niks nie.” Ek kon nie verstaan wat verkeerd was om die kinders kerk toe te vat nie. Tot daardie oomblik het ons nooit oor geloof gepraat nie. Ek het tot daardie oomblik nooit gedink dat daar enige ander geloof was. Net Katolisisme. Ek was Katoliek gebore en het gedink Katolisisme was die regter geloof. Van daardie dag af het ek begin sien hoeveel probleme daar eintlik tussen ons was. Ons het begin om oor alles te veg en dit het die heel tyd anngegaan. Klein probleme het skielik groot probleme geword. Ons het geveg oor geloof, en die verskille tussen ons kultuure het nou begin om saak te maak. Ons het geveg oor ons skoon ouers en ons het ook begin om te baklei oor hoe om die kinders groot te maak. Die dinge wat my ma gesê het en geprobeer om vir my te laat onstaan het nou waarheid geword.

Die enigste vrede en harmonie wat nou tussen ons was, was die wysheid, eerlikheid en kommer wat my skoonpa vir ons en ons huwelik gewys het. My skoonpa was baie lief vir sy seun en sy kleinkinders, maar hy was ook so lief vir my asof ek sy dogter was. Hy was ‘n baie toegewyde en godsvresend Moslem, en ‘n baie wyse man. Daardie tyd was my skoonpa die eerste mens wat my die inleiding na Islam gegee het. Hy was ‘n mens wat altyd gebid het, hy het altyd gevas vir die maand van Ramadan en hy het altyd behoeftige mense gehelp. Hy het elke middag ‘n arm mens saam met hom van die moskee gebring om saam met hulle middagete te eet. Dit het hy elke dag gedoen. Sy familie onthou nog dat hy dit elke dag gedoen het todat hy oorlede is, toe hy vyf en negentig jaar oud was.

My skoonpa het nie daarvan gehou dat ek en my man die heeltyd veg nie, en hy het aanbeveel dat ons ‘n oplossing vind voordat ons kinders begin lei. Hy was desperaat om ‘n oplossing te vind. Hy het vir sy seun gewaarsku om vir my te los om na my kerk toe te gaan, maar die probleme was nou nie meer my geloof nie. Ek het gefrustreerd gevoel en ek het gevoel dat ek wou wegbreek. Ek het my man gevra dat ons vir ‘n rukkie moet verskei en hy het ook gevoel dat dit miskien die beste sal wees vir ons huwelik. Ons het gevoel dat die skeiding ons sal help, maar dit het nie. Ons het toe besluit om permanent te skei. Ek wou baie graag die kinders saam met my hê, maar ons het altwee besluit dat dit beter vir die kinders sou wees as hulle saam met hulle pa sou bly. Hy was in ‘n posisie om meer geriewe vir hulle te gee en hy was ook finansieel sterker as my. Ek het elke aand so na hulle verlang. Ek het weer met my ma ingetrek en my kinders elke naweek gesien. My man het die kinders elke Vrydag middag na my toe gebring en vroeg Sondag oggend weer vir hulle kom haal. Ek het altyd hartseer gevoel, maar die reëling was beter as niks nie.

Elke aand voordat ek in my bed klim, het ek my Bybel gelees. Waneer my kinders saam met my was het ek ook vir hulle uit die Bybel gelees, of hulle dit geverstaan het of nie. Elke aand na ek gelees het sou ek hulp vra van Jesus, die volgende aand van die engele, en die volgende aand van die heiliges, die volgende aand van Maagd Maria. Een aand het ons niemand meer om te vra vir help nie.Toe sê ek ‘nou gaan ons vir die Here vra’. Toe sê my seun ‘Reg, maar nou wie is God?’ Toe antwoord ek, ‘Hy is die een wat jou geskep het. Wat my geskep het. Hy is vir ewig ons buurman’. Hy het daaroor gedink. Daardie oomblik het ek my kruis gevryf en gesê, ‘ Nou dank die Here.’ My seun het na die kruis gekyk en gevra, ‘Mama wie is dit?’ Ek het geantwoord, ‘Dit is die Here. Hy is die Here se Seun.’ Toe antwoord hy, ‘ Jy het nou gesê die Here is vir altyd. Hoekom is die Here dood.’ Ek het tot daardie tyd in my hele lewe nooit an dit gedink nie. Hy het my gevra, ‘Van waar kom die God?’ Ek het geantwoord dat hy van die baarmoeder van Maria kom, van die Maagd Maria. Toe sê hy, ‘ O, so hy was op ‘n tyd gebore.’ Ek sê, ‘Ja.’ ‘Maar jy het gesê hy is vir altyd. Hy is nie gebore nie en hy is nie dood nie.’ Toe vra my seun vir my, ‘Mama, hoekom vra jy nie vir God om jou te help?’ Ek was verras en verstom dat hy my geloof sou ondervra. Ek het vir hom gesê dat ek vra ook vir die Here. Die seun van my sou van daardie tyd aan soos ‘n doring in my sy wees wat altyd vir my sou herinner van die behoefte om die Een, Ware God altyd te vereer. Dankie God.

‘n Paar jare later het ek weer getrou en saam met my nuwe man na Australië toe getrek. My vorige man het saam met sy familie na Saoedie Arabië toe getrek. Ek het baie na my kinders verlang, maar ‘n paar jare later het ek in Italië my nuwe familie begin. Ek was nou die ma van nog drie dogters. Ek het nog elke aand gebid. “ In die naam van die Vader,die Seun en die Heilige Gees.” Die tyd het vinnig gevlieg. Een somer was ek baie opgewonde, my seun en dogter was op pad om my te besoek. Ek het gewonder of hulle gelukig sou wees om my na so lang tyd te sien? Oor wat sou ons praat? Ek het gebid vir help. Al my angs het vervlieg toe ek hulle by die lughawe gesien het. Ons het onmiddelik verbind, asof ons nooit apart was nie. My seun het meer gepraat as my dogter. Hy wou vir my herinner dat hulle nie varkvleis eet nie, hulle kon ook nie iets eet wat alkohol in eet nie. Ek het hom verseker dat ek hulle geloof nog onthou en dat ek ook nie varkvleis eet nie en dat ek geen alkohol drink nie, al van die tyd toe ek nog saam met hulle pa getroud was. Ek sou ook seker maak dat ek geen wyn in die kos wat ek vir hulle sou kook gebruik nie.

Die somer saam met hulle was heerlik. Ons het mekaar weer leer ken, hulle het hulle nuwe sisters ontmoet, na piknieke toe gegaan, baie plekke gebesoek en geswem. Maar ek was die heel tyd bewus dat hulle bestaan in Saoedi Arabië was en dat hulle moes teruggaan. Ek het my dogter gevra of hulle pa se nuwe vrou goed met hulle was, en ek was regtig gelukkig toe sy vir my geantwoord dat sy haar soos haar eie dogter onderhandel het.

My kinders het nog twee keer saam kom kuier na daardie somer. Toe my seun een en twintig geword het, het hy vir ses maande saam met my kom bly. Ons het baie, maar baie, argumente oor geloof gehad! O, my seun en ek het die selfde persoonlikheid, maar ons het verskille wat baie duidelik is! Ek word baie maklik kwaad maar my seun bly altyd bedaard. Al is ons so verskillend, kan ons altyd ‘n balans vind in ons beredenerings. Ons is altwee dieselfde, want ons is baie liefhebbend, edelmoedig en behulpsaam. Dit wat ek bewonder in my seun is dat hy altyd toegewy is in alles wat hy doen. Hy is ‘n soet, sagte persoon met streng etiek en is baie doelwittig met wat hy in sy gedagte het, en ek het respek vir al die kwaliteite . Hy het die vermoê om altyd koelkop te wees in situasies vol stres. Hy probeer om oplossings te vind en die situasie te neutraliseer so ver soos hy kan. Ek het aangehou om te bid dat hy dit in sy hart kon vind om na Katolisisme te omskep. Ek het gewens dat hy ‘n priester sou word – ek het gevoel dat hy ‘n baie goeie predikant kon word. Hy was ‘n goeie mens en ook baie godsvresend. Goeie kwalifikasies vir ‘n Priester. Ek het een dag vir hom gesê dat hy ‘n goeie priester sou kon word en hy het net geglimlag en vir my gesê dat dit meer waarskynlik is dat ek ‘n Moslem sou word as dit was om vir hom ‘n priester te wees.

Na ses maande het my seun ‘n belangstelling gewys om na die Verenegde State toe te trek. Hy het daar toe getrek en in Miami, Florida, gaan woon. Intussen, het ek ‘n weduwee geword, met nog een tiener in die huis. My seun wou baie graag hê dat ek saam met hom in Amerika gaan woon. Ek en my sewentien jarige dogter het saam met hom ingetrek. Ons het baie van Amerika gehou en my dogter het vinnig haar eie lewe begin bou. Niks het tussen my en my seun verander nie. Ons geselskap het nog rondom Katolisisme en Islam gegaan en nie een van ons wou ‘ingee’ nie. Soms, toe ons oor die Heilige Drieeenheid praat kon ek nie genoeg antwoorde vir hom gee, en met my hande op net weggeloop van die bespreking. Ek het kwaad geword, want ek het dit soos ‘n aanval na my geloof gesien.

“Hoekom kan jy nie soos almal wees nie,”het ek hom gevra. “Ander Moslims aanvaar my en probeer nie om my om te skep nie.” ‘’Ek is nie soos al die anders nie,” het hy geantwoord. “Ek is lief vir jou. Ek is jou seun en wil hê dat jy eendag Paradys toe moet gaan.” Ek het vir hom gesê dat ek sal Paradys toe gaan – Ek is a goeie, eerlike vrou, ek vertel nie leuens nie, ek steel nie en is nooit oneerlik nie. My seun het geantwoord, “ Al die goede is nodig en nuttig in die wêreldse lewe, maar in die Koran is dit baie keer geskryf dat Allah vergewe Shirk (Veelgodery) nie. In die Koran is dit duidelik geskryf dat daar geen vergifnis is as ons venoote saam met Hom verbind nie, maar Hy vergewe enige ding na wie Hy moed.” Hy het my gesmeek om te lees en te leer en om Islam te ontdek. Hy het boeke gebring om my gedagtes oop te maak. Ek het geweier. Ek is Katoliek gebore en ek sal Katoliek sterwe het ek gedink.

Vir 10 jaar het ek naby my seun, sy vrou en familie gewoon. Ek het begin om die begeerte te kry om bietjie tyd met my dogter in Saudi Arabie te gaan spandeer. Dit was nie maklik om ‘n visum te kry nie. My seun het met my gejok dat as ek net Islam sou aanvaar dan sou dit my visum wees om Saoedie Arabië toe te gaan; ek sou dan ‘n Umrah visum kon kry (plegrimstog na Mecca, Saoedie Arabië, visum). Ek het streng vir hom geantwoord dat ek nie Moslem is nie. Na baie soek en rond gevra het ek ‘n besoekers visum gekry om my dogter te besoek; sy was nou ook ‘n moeder van drie kinders. Op my vertrek het my seun ‘n groot druk vir my gegee en vir my gesê hoe lief hy vir my was, sy grootste wens was dat ek na die Paradys toe moet gaan. Hy het alles in die lewe wat hy graag wil hê, maar die enigste ding wat nog vervul moes wees was dat sy Moeder ‘n Moslim word. Hy het vir my gesê dat hy elke dag bid na God (Allah) dat Hy (SWT) my hart sou sag maak om Islam te aanvaar. My antwoord na hom was dat dit nooit sou gebeuur nie.

I visited my daughter in Saudi Arabia and fell in love with the country, the weather, and the people. I didn't want to leave after the 6 months so I requested an extension. I would hear the Adhan (call to prayer) 5 times a day and would see the faithful ones close their shops and walk off to prayer. Although that was very touching, I continued reading from my Bible every morning and evening and would constantly say the rosary. Not once did my daughter or any other Muslim person ever speak to me about Islam or try to get me to convert. They respected me and allowed me to practice my religion.

Tydens my besoek aan my dogter, het ek gelief geraak aan Saoedie‐Arabië, die weer en sy mense was heerlik. Na ses maande wou ek nog nie loop nie en het gevra on langer aan te bly. Ek het elke dag die Adhan (roep om te bid) vyf keer gehoor en die getroue mense het winkels toegemaak om te gaan bid. Ek het nog elke oggend en aand uit my Bybel gelees en met my bidsnoer gebid. Niemand het probeer om my om te skep terwyl ek daar was. Hulle het respek na my en my geloof gewys.

My seun het na Saoedi‐ Arabië toe gekom om my te besoek. Ek was baie gelukkig‐ ek het baie na hom ontlang. Van die eerste oomblik dat ons weer saam was het hy weer begin om oor gelof te praat. Hoe God Een is. Ek was kwaad. Ek het vir hom gesê dat ek al ‘n jaar lank in Saoedi‐ Arabië was en niemand het my oor my gelof gepla nie. Hy was net twee aande weer saam met my en het weer begin met sy prekery. Hy het verskoning gevra, maar ook vir my beduie hoeveel hy wou hê dat ek Islam moet aanvaar. Ek het weer vir hom gesê dat ek nie my Christenheid wou los nie. Hy het my oor die Heilige Drie‐eenheid gevra en hoe ek kon aangaan om te glo in iets wat geen logies het nie. Hy het my herinner dat ek ook nog vrae oor dit het. Ek het vir hom gesê dat nie alles verstaanbaar in die lewe is en ons moet net geloof het. Hy het gelyk asof hy aanvaar wat ek vir hom gesê het en ek het mooi gevoel dat ek uiteindelik in een van ons geselskappe my punt gewen het. Toe vra hy vir my om die wonderwerk van Jesus se geboorte vir hom te beduie. Aha, het ek gedink! Nou begin ons om die boodskap in te kry. Toe vertel ek hoe Jesus geboore is, die Maagd Maria, hoe Jesus dood is vir ons sondes, hoe God Sy Gees in Hom geasem het, Jesus is God, Jesus, God se seun. Die heele tyd toe ek gespreek het was hy baie stil. My seun, stil? Toe vra hy baie kalm, “Mama, as Jesus dood is vir ons sonde op ‘n Vrydag, en dan sê jy dat hy op die Sondag opgewek is, drie dae later, wie het die wêreld in daardie drie dae gereël? Kan Mama aseblief dit vir my verduidelik.” Daardie oomblik het ek aan sy vraag gedink en geweet dat dit regtig geen sin maak nie.

Ek het gesê, “Jesus was God se seun. Jesus en God is een en die selfde.” My seun antwoord,”Koeie kry kalwers; klein koeie. Katte kry kaatjies, klein kaatjies. Mense kry kinders, klein mense. Waneer God ‘n seun kry, wat is hy? ‘n Klein God? As dit so is dan het jy twee Goddens?” Toe vra hy vir my, “Mama, kan jy ooit ‘n God word?” Wat ‘n belaglike vraag, het ek vir hom gesê. Mense kan nooit God word nie. ( Teen die tyd het ek begin kwaad raak). Toe vra hy, “Was Jesus ‘n mens?” Ek antwoord, “Ja.” Hy sê “Dus, kan hy nooit God wees nie.” Dit is ‘n absurditeut dat God ‘n man geword het. Dit is nie betaamlik dat God die eienskappe van ‘n mens aaneem, want dit beteken dat die Skepper het Homself geskep. Maar, die skepping is ‘n produk van ‘n kreatiewe daad van die Skepper. As die Skepper sy skepping word, sou dit beteken dat die Skepper homself Geskep het. Om geskep te word beteken dat hy nie ontstaan het nie. As hy nie onstaan het dan hoe het hy geskep? As hy geskep is, beteken dit dat hy iewers begin het, maar dan is hy nie ewig nie. Die definisie van skepping is dat daar ‘n nood is van die skepper. ‘n Skepping het ‘n skepper nodig on te kan bestaan. God het nie ‘n skepper nodig want hy is die Skepper. Daar is ‘n teenstrydigheid hier. Dat God Homsel geskep het impliseer dat hy ‘n skepper nodig het. Dit is eintlik belaglik. Dit staan teen die fundemental konsep dat God nie geskep is nie, want hy het nie ‘n skepper nodig nie, en hy is die Skepper van alles. Ek het geweet dat ek nie ‘n logiese antwoord vir hom gehad het en ek sê vir hom, “Laat ek oor ‘n antwoord dink.”

Daardie aand het ek lang en hard sit dink oor wat ons met my seun gespreek het. Die idee dat Jesus die seun van God is het nie meer sin gemaak nie. Ek kon nie meer aanvaar dat Jesus en God een is.Voor ek daardie aand gaan slaap het my seun vir my gevra on te bid en om vir God te vra om alleen vir my te wys wat die regte pad na Hom toe is. Ek het vir my seun belowe dat ek opreg vir God sou smeek vir ‘n antwoord. In my kamer het ek die boek wat my seun vir my gegee het gelees . Volgende, het ek die Heilige Koran oopgemaak en begin om te lees. Dit was asof iets binne my hart opgehef is. Ek het verskillend begin voel. Wat het ek al die jare teen geveg.

Daardie aand het ek alleen na God toe gebid – nie aan Jesus, of Maria nie, nie na die engele nie of na die heilige gees nie. Net na God. Ek het gehuil en gevra vir leiding. Ek het Hom gevra dat hy my hart en gedagte help verander as Islam die regte keuse was. Ek het geslaap en die volgende oggend toe ek my oë oopmaak het ek geweet dat ek bereid was om Islam te behels. Ek het omiddelik vir my seun gesê. Ons het al twee begin huil. Ons het my dogter en klein dogter geroep en hulle het toegestaan terwyl ek my Shahada voorgelê ( die Moslem verklaring van geloof in die eenheid van Mohammed, ( Vrede en seën van Allah wees oor die Profeet Allah) as God se profeet) in Arabies, Italiaans en Engels.

أشهد أن لا إله إلاَّ الله و أشهد أن محمد رسول الله
“ASH‐HADU ANLA ILAHA ILLA‐ALLAH WA ASH‐ HADU ANNA MOHAMMADAN RASUL‐ALLAH”.
“Daar is geen ander God behals Allah en Muhammad (PBUH) is sy Boodskapper en laaste Profeet.”

Luister na die Shahada Video

Die Shahadah is die Moslem verklaring van geloof in die eenheid van Allah en die aanvaarding van Mohammed, (Vrede en seën van Allah wees oor die Profeet van Allah) as God se Profeet. Ek was nou ‘n ander vrou.Ek was gelukkig, asof iemand ‘n sluier van duisternis van my hart afgetrek het. Almal wat my geken het kon nie glo dat ek omgeskakel het. Soms kon ek dit ook nie self glo nie! Maar Islam het baie reg gevoel, so vreedsaam en so kalm!

Na my seun terug Amerika toe gegaan het het ek geleer om Surah –al –Fatiha te opsê in Arabies, en ook om gebede te voer. Ek het soos voor anngegaan met my lewe., maar nou is ek ‘n Moslem. Ek het altyd daarvan gehou om saam met my dogter na familie byeenkomste te gaan en by ander sosiale geleenthede ook te wees. Ek het na familie en vriende se troue toe gegaan, henna partytjies en aqiqah (babe storte) en ook by byeenkomste vir iemand wat dood is. Ses maande nadat ek Islam omhels het, was ek by ‘n vergrfnis wat my hart rêrig aangeraak het en my geloof in Islam versterk het, en vir my gebewys het wat ‘n mooi geloof dit is. A jong seun het gesterf van ‘n siekte. My dogter het regemaak om die familie te gaan meevoel, en ek het haar gevra of sy die familie goed geken het. Sy het vir my gesê dat sy hulle nie goed geken het nie. “Maar dan hoekom wil jy gaan?” het ek gevra. “Want die familie is in bedroef en dit is my plig in Islam om te gaan en my ondersteuning te gee.”Ek het toe besluit om aantetrek en saam met haar te gaan. Ek het saam met haar gegaan en ons meegevoel saam met die familie van die seun gedeel. Ek was oorweld toe ek sien hoeveel mense daar was. Ek was verbaas en aangeraak dat so baie mense gekom het om die familie te ondersteen. Die heel tyd wat ons daar was het ek gedink wat ‘n mooi geloof Islam is, dat so baie mense gevoel het dat hulle verantwoordlik is om die familie te ondersteen. By die een gebeurtenis, waar Moslems hulle uitstorting van simpatie gewys het was ‘n bewysing van die skoonheid van Islam.

Dit is nou agt jare wat ek ‘n Moslem geword het, Alhamdullilah. Tot nou het ek twee keer Umrah uitgevoer saam met my seun en my dogter. My seun, dogter en ek het die Kabah (in die stad van Mekka, Saoedi Arabië) besoek en ook Die Moskee van die Heilige Profeet in Medinah. Ek het onlangs vyf en sewentig geword Alhamdullilah. Ek dink soms terug na al die swaarkry en hartseer wat ek vir my seun veroorsaak het, maar my seun was baie gelukkig om my te dien sodat hy my nader na Islam toe kon bring. Hy het dan gesê , dat die Profeet (SAW) het vir ‘n persoon gesê, “Die Paradys lê onder die voete van alle moeders”.Die Hadith beteken dat jy jou moeder moet dien en haar goed moet oppas. Dit is seker dat omdat hy die heel tyd by my voete was sal daar sal ‘n paradys wees vir al twee van ons. Ek wonder soms of ek ‘n Moslem vinniger sou geword het as my dogter ook ‘n bietjie vir my aangedrang het. Maar soos my seun sê Allah is die beste beplanner. En dit is net Hy (SWT) wat vir ‘n mens Hidaya (Leiding). “Inderdaad dit is nie so dat jy kan lei wie jy lief het, maar Allah lei wie Hy wil.” (Koran 28:56). Allah het my geeer met sy leiding na die pad van Islam en my ‘n Moslem gemaak, en InshAllah sal ek en my seun saam die Paradys betree.
« AMEEN »

Die verhaal is ook beskikbaar in: Amharies, Arabies, Bulgaarse, Chinees, Tsjeggiese, Hollands, Engels, Finse, Franse, Duits, Grieks, Hebreeus, Hindi, Italiaans, Japannese, Malay, Noorse, Pools, Porugeus, Roemeens, Russiese, Serbian, Spaans, Swahili, Tagalog, Turks, Oekraïens, Oerdoe en Yoruba.

Sien ook www.islamicbulletin.orgEnter HereHow I Embraced Islam.

top

The Islamic Bulletin
P.O. Box 410186, San Francisco, CA 94141-0186
Phone 415-552-8831
info@islamicbulletin.org